Posted by: kobusve | Julie 1, 2013

Oupa Frans en Ouma Annie

Oupa Frans en Ouma Annie

Op hulle 50ste huweliksherdenking. Oupa is vandag, 30 Junie 2013, oorlede.

Advertisements
Posted by: kobusve | Mei 23, 2011

Pretoria Vryburgers Fondse Ingesamel 2010

Pretoria se Vryburgers het toe die mooi bedrag van R202000 ingesamel wat aangewend word (hoofsaaklik) vir die skolevoedingsprogram. Hopelik doen ons dit hierdie jaar weer!

Posted by: kobusve | Oktober 26, 2010

Vryburgers van Pretoria – Golfdag

Op 22 Oktober het die Pretoria Vryburgers saam met Ipak ‘n golfdag by die Waterkloof (voorheen Monumentpark) golfbaan aangebied. Te danke aan die borg en deelname van Ipak is ‘n rekordbedrag van oor die R63 000 ingesamel – maar in die proses het die Vryburgers deel van hul karakter verloor met die dat die hele geselligheid na die tyd op die borg se aandrang in Engels aangebied is. Een van die Vryburgers se drie doelstellings is dat hulle die Afrikaanse taal bevorder…

Posted by: kobusve | Oktober 26, 2010

Dienswerk – Tee en Koek by Harmonie

Op die agtste Oktober het die Pretoria Vryburgers saam met Realnet Waterkloof se span vir sowat 120 bejaardes bakgestaan by Harmonie ouetehuis in Sunnyside. Hulle is trakteer op tee en eetgoedjies, terwyl ‘n koperblaas kwartet van Boys High vir hulle musiek gemaak het. Ons hoop ons het vir ‘n bietjie opkikkering in ‘n paar lewens gesorg!

Posted by: kobusve | Julie 2, 2010

Commercial Property @ CSIR

This property is brand new on the market – in fact the finishing is still being done. Wedged between the Techno-Park, The Innovation Hub and the CSIR, between Meiring Naude and the N1. Excellent exposure to the traffic on the Highway. First building to be reached from the Lynnwood off ramp from the N1. Approximately 2642m² lettable space. Asking R62 million. Neighbouring buildings house PSG Konsult and the ILO. Sold – gone, weg!

Posted by: kobusve | Junie 12, 2010

Sokker, wyn en Nougat

Portugal tafel by die 2010 wyn-en-nougat proe

Vanaand proe ons wyn en nougat, aangebied deur die Vryburgers en Aninda Botha. En die tema van die aand – reg geraai – wêreldbeker-sokker! Elke tafel is in die kleure van een van die deelnemende lande getooi. Sal later meer vertel

Posted by: kobusve | Junie 3, 2010

Toe word sy…21!

Gister het my oudste 21 geword – al is al die jongmense besig met eksamen hat ons bietjie by La Pentola in Riviera (Nie die Franse een nie!) gaan eet. Fantastiese kos – heerlike wyn, lekker geselskap. Het jy al gehoor van eend met sjokoladesous? Of ‘n koffie-lamskenkel? Beesfillet met garnale en springbok-carpaccio? Gaan probeer gerus.

Lyk soos carpaccio...Songedroogde bees

Voorgereg2 Hoofgereg3Nagereg

Hoofgereg

Nagereg

 

 Ek sê altyd dis ‘n wonderwerk as ‘n nuwe mensie gebore word en alles is normaal geskape – dis ‘n nog groter wonderwerk as daardie normale baba ‘n normale grootmans word! Ek is dankbaar vir wat ons gekry het.

Posted by: kobusve | Mei 28, 2010

Nuwe Bladsy

Hei, ek het ‘n nuwe bladsy – “Spys en Drank” waar ek alle kosgoed van belang sal pos.

Posted by: kobusve | Mei 22, 2010

0+++

min of meer, ongeveer, so-so, benaderd, plus-minus, volgens skatting, nagenoeg, byna, bykans, amper, so hittete, net-net, en?

Volgens oorlewering, navorsing wys dat…, dit word beweer dat, na my beste wete, sover ek weet, die mense sê, daar word gesê dat, volgens berigte, ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat…, waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie, daar word uit betroubare bronne verneem, onbevestigde bronne berig dat, wat?

dis ‘n mite, ‘n gerug, ‘n wolhaarstorie, ‘n feëverhaal.

jammer om te hoor,

oor.

Posted by: kobusve | Mei 21, 2010

Nampo Oesdag 2010

Gister Nampo Oesdag by Bothaville gaan bekyk – vyf ure daar spandeer en nog nie alles gesien nie. Wat jy sien hang af van waarin jy belangstel. Behalwe die bokke, skape en beeste, trekkers, stropers, graansilo’s, voermengers, drukgange, het ek onder andere hierdie goed gesien:

Older Posts »

Kategorieë