Posted by: kobusve | Maart 23, 2010

Langnaweek

Die langnaweek is verby – Erfenisdag watter erfenis – ons erfenis is van ons weggevat, en ons het toegelaat dat dit gebeur! Die “erfenis” wat in die publieke media gepubliseer word is geen erfenis nie – hoogstens bietjie geskiedenis uit ‘n klein grepie van die oeroue kontinent se bestaan. Wie kan nou eintlik vir my sê wat ons “erfenis” is – is dit dit wat ons by ons voorgeslagte “ge-erf” het? Soos die volgende:

  • Ons taal en taalskatte (prosa, poësie, telrympies, kinderrympies, verhale, volksgeskiedenis)
  • kultuur – hoe ons as volk goeters doen – byvoorbeeld: haal jou hoed af as jy eet of bid, eetmaniere, groetmaniere, ouers vra, begrafnis hou, ensovoorts.
  • Kuns en kunskatte -Pierneef, Maggie Loubser, Hugo Naudé, Irma Stern, Dawid Botha, Anton van Wouw,
  • Historiese geboue en boustyle en monumente: , Die Kasteel, Tulbagh se Drosdy, die sandsteen kerk in Heidelberg, Piketberg se NG kerk, Graaff Reinett Kaaps Hollandse boustyl, Voortrekker Monument, Vroue monument, Hugenote Monunent, Taalmonument
  • Ekonomie en Nywerheid: Eskom, Yskor, Telkom, WNNR, SANLAM, Volkskas, Sishen/Saldana spoorlyn, Spoornetwerk, padnetwerk, hawens, lughawens, Staatshospitale, mynbedryf
  • Opvoedingsinstansies: Universiteite, Kolleges, Skole met lang en roemryke geskiedenisse en vrugbare opbrengste van uithaler akademici en sakemanne/vroue.
  • Sport en sportprestasies: Springbokke, Blou Bulle, 1995 Rugby wêreldbeker ens.

Moet ons nou by erfenis stilstaan by die misdade wat teen ons as volk gepleeg is, soos die kolonisasie van ons grond deur die Engelse, moorde van die Zoeloes op die boere trekkers, die moord op 27 000 vroue en kinders in die konsentrasiekampe, die kerkstraat bom, die plaasmoorde (volksuitwissing as jy my vra).

Ek dink ons sit op ‘n kruitvat in hierdie land – en die sneller wat dit gaan laat ontplof is mense soos Julius Malema met sy totaal onverantwoordelike en rassistiese uitlatings.

Terug na die langnaweek en die mikro-kosmos wat ‘n blog eintlik maar is. Ma se 90ste verjaardagete het goed afgeloop – sussie het die eetkamer mooigemaak en kleinste niggie het gehelp met pragtige kosmosblomme. Al die kinders en kleinkinders (daar is nog nie agter-kleinkinders nie, ouma het te laat met ‘n gesin begi, en haar kinders was ook nie juis haastig nie!) wat in Suid Afrika woon was daar. Die Weber-gerookte hoender was ‘n groot treffer, asook Annie se sjokoladepoeding met roomys. ma het haarself half vrek gewerk, en almal het handjie bygesit. Die oumense was baie dankbaar.

Het ek julle al vertel van my plot – Plot 52 by Tierpoort? My onderwyser – broer woon daar. Die probleem is dat die plot geld kos, maar nie eintlik geld inbring nie. Kapitaal appresiasie is ongelukkig nie kontantvloei nie. Daar is ‘n bloekombos op die plot met ‘n drievertrek perdestal daarby. Nou het ons al ‘n troue in die bos gehad – die register is inn die stal geteken! Verder hat ons ma se 50ste in die bos gehou – op daardie stadium die een stalvertyrek omskep in toilette en die ander in ‘n opwas – sal nog kombuis word. Die koste daarvan was omtrent R 25000 saam met die dreineringswerke en outydse warm water donkie. Die naweek is die stal ge-elektrifiseer – teen ‘n koste van ongeveer R 15 000,00. Die gedagte is om die bos uit te huur as ‘n onthaalplek – en op die manier ‘n geldjie te in. Daar is egter nog bietjie verfwerk wat gedoen moet word voor die eerste verhurings gedoen kan word. Intussen beplan niggie haar 18’e verjaardagpartytjie middel April in die bos. Lyk my die groot behoefte is ‘n dansvloer, maar daarvoor sien ek nie in die volgende 3 weke kans nie.
Groetnis tot volgende keer
Kobus


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorie√ę

%d bloggers like this: