Posted by: kobusve | Maart 30, 2010

Einde van ‘n Era

Gister het Ouma van Eeden 90 geword – die verstand is nog helder maar die kraggies raak min. Om haar en Oupa uit hulle meenthuisie in Garsfontein te kry blyk onmoontlik te wees – hulle moet blykbaar eers totaal hulpeloos wees. As ek so met my vriende praat lyk dit na ‘n algemene probleem, behalwe waar die ou mense self op ‘n relatriewe vroeë ouderdom besluit om te skuif. Enige raad? 

Ons het gister Kaapstad gaan “toer”. Eers vir ouboet ‘n guitaarwinkel gaan soek in kloofstraat – op die ou end uitgevind die winkel bestaan nie. Toe ‘n toer van die Kasteel – was goed om weer die ou geskiedenis te bekyk. Toe teen seinheuwel uit om na die nuwe Groenpunt Stadion te kyk. 

Nuwe Sokkerstadion in Groenpunt

The aliens have landed!

 

Daarna oor Kampsbaai en Houtbaai na Constantia. Ma bederf ons toe met tee en skons by Hohenhort. Baie lekker, maar die duurste tee en skons wat ek nog gehad het. En die vyfster plek sit toe vir my melk in ‘n vuil melkbeker voor! Ek is jammer, maar as ek vir ‘n koppie tee betaal, moet die eetgerei ten minste skoon wees. 

Tee en Skons by Hohenhort

Lekker bederf!

 

Dit sit ons op die skons 

En so lyk Hohenhort: 

Hohenhort Hotel

Statig!

 

Môre is my laaste dag op Taurus Packaging se betaalrol. Dit is waar die opskrif van vandag se pos vandaan kom. 

Ek vertel later meer van my planne vorentoe.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: