Posted by: kobusve | April 5, 2010

Begin van ‘n nuwe era

Paasmaandag. Rit was toe voorspoedig – brandstofverbruik suboptimaal- maar ons was Saterdagaand 21:30 tuis en teen tienuur afgepak. Een hond was weg, maar ons het hom weer teruggekry – hy het uitgeglip toe die sekuriteitswag die alarm kom nagaan. Wynand het ge-SMS – alles nog wel met die stappers – nog net ‘n paar blase en ligte misreën.

Sondag : Opstandingsdiens – my minste gewaardeerde predikant het gepreek – en toe ete by Jôn -hulle. (John en Rika van Wyk.) Lourens van Wyk (geen familie) en sy seun Ben (laasjaar by Maties gekwalifiseer as dokter) was ook daar – om die waarheid te sê, ons het eintlik gegaan om Lourens weer ‘n slag te sien. Alhoewel daar volgens oorlewering allerhande goed met hom fout is (epilepsie, vergeetagtigheid, aandgetaste visie ens) sien hy daar baie goed uit. Ons het lekker gesels. Jôn het heerlike bier-hoender in die Weber gemaak. Franse wyn (St Emilion) gedrink wat hy uit Frankryk saamgebring het. Daarna moes ons plot toe om vir skoonsus geluk te wens met haar verjaardag van gister. Daar weer worsbroodjies en malvapoeding met roomys gekry – geen wonder ek kan nie gewig verloor nie. Plot-pad was nat en die rooi modder kleef aan allles vas – my vanoggend twee-en-‘n-half ure geneem om die kombi weer skoon te kry na die lang pad en die plot-modder. Ook sussie se kar gewas want hy moet môre weer deur die toets – hoor hierdie storie – Augustus laas jaar stuur ek vir haar en ouboet om die kar deur die toets te sit en te registreer. Hulle sit hom deur die toets, en dink dis nou klaar. Toe ek hierdie jaar my ander lisensies wil hernu moet ek uitvind daar is nou boetes vir laat registrasie en agterstallige lisensiegeld – en die kar moet van voor af deur die toets gaan! Hulle het hom toe nooit registreer nie.

Vandag weer e-maile (e-posse) gelees, en die drukker op die nuwe rekenaar opgestel – sussie het egter al die ink opgebruik vir haar take. Sal môre eers nuwe ink moet kry.

Eugene Terreblanche is toe in sy huis op sy plaas vermoor –  Saterdag – doodgekap met panga’s en knopkieries – deur bogsnuiters van sestien en 21 jaar.  Lelike ding – en nie wat ons nou nodig het vir vrede in die land nie, gegewe die ANC se absurde president en idioot/nar van ‘n jeugleier. Gegewe alles wat die huidige benadeeldes al moes opvreet van die nuwe wetmakers. Gegewe al die haat teenoor al wat wit is by die swart jeug.

Wat my bring by die begin van ‘n nuwe era. Ek hoop nie die nuwe era begin met burgeroorlog nie. Môre is die eerste dag wat ek nou weer vir myself werk – volledig van die papiersak-manne verlos. Ek kan sê ek is werkloos – maar dan is ek ‘n baie besige werklose mens. Ek weet nog nie hoe dinge gaan uitkristalliseer nie – maar daar is die smousbesigheid wat weer aan die gang moet kom (Compgro b.k.), die stoorplekke op die plot, die onthaalplek in die bloekombos, die Realnet kommersiële eiendomsverkope ( ek skryf Vrydag eksamen oor die finansële somme) en die eiendomsinstandhouding van die verhuringseiendomme. Ek het dus meer as genoeg om my besig te hou, baie dankie. Hoe ek gaan geld maak, sal ek nog moet uitvind, maar die vinnigste maniers is deur die smousbesigheid. Kom ons hou duime vas dat ek gou weer klante en bestellings kry.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: