Posted by: kobusve | April 11, 2010

Nog ‘n week is verby

Jis, maar tyd vlieg darem – kyk waar staan die jaar al. Ek het Vrydag ‘n faks van die Statutêre Raad gekry wat sê ek moet hierdie vorms invul as ek wil verder gaan met my saak met die papiermanne – dis nou die saak van onbillike ontslag. Ek weet niemand lees hierdie blog nie, maar ek voel nog nie gemaklik om al die gory detail so op die oop eter uit te saai nie. Hierdie week gaan ek op ‘n seminaar oor internetbemarking – ek het dit so nodig soos ‘n vis water nodig het – ek sien nog nie hoe ek blog en Facebook vir die bevordering van my besigheid kan gebruik nie.

Vandag by Tannie Elsie gaan koek en tee vir haar 70ste? verjaardag – eetgoed was heerlik en ons (dis nou die mense daar, nie ek en die tannie nie!) het heerlik gesels – toe ons ons oë uitvee toe is dit al skemer-aand! Die ou mense mis hulle kinders wat in die buiteland of in die Wes-Kaap (dis amper so goed soos in die buiteland!) vreeslik. So – wees nice met jou tieners – op die ou end is jou kinders al wat jy rêrig het!
Nou – ja, môre begin die skole en universiteit weer, en dis nog net ek en my laatnag kind wat wakker is. Woensdag, as alles goed gaan vertel ek julle van Zero-Up Club. Tot dan, Cheers!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: