Posted by: kobusve | April 14, 2010

Woensdag

As dit Woensdag is, is die week verby… So gaan die ou grappie. Want môre is dit Donderdag, en Vrydag is dit naweek, en as dit naweek is is die week verby – of so iets. Pasop dat ons nie ons lewens omwens nie. My siening is uit ‘n advertensie van Nissan – “Life is a journey – enjoy the trip!”

Die eksamen en werkstuk vir die “Certificate of Commercial and Industrial Brokerage” (CCIB) is afgehandel en ingegee. Net vier van die elf wat die kursus geloop het het vir die eksamen opgedaag – en een ou het moed opgegee gedurende die eksamen. Maar mens het seker meer as akademiese kennis nodig om ‘n suksesvolle bemarker te wees – die finansiële somme is maar net een van die pyle in jou koker. Môre probeer ons uitvind hoe om die internet as bemarkingsmedium in te span. Die seminaar word deur Cherie se man, Steve Eilert, aangebied. Ek hoop mens kry bruikbare inligting – nog ‘n pyl in die koker. En Vrydag gaan sien ek die prinsipaal by ons plaaslike tak van Realnet – ons moet uitwerk hoe kom ek in die mark. Hou dir my duim vas. (ek wou se “duime’ maar nou die dag sê ‘n jong dame vir my mens moet net die regterhand se duim vashou – as jy altwee duime vashou bring dit glo slegte geluk!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: