Posted by: kobusve | April 22, 2010

Selling en Helkom

Vandag IEASA (Instituut van EiendomsAgente van Suid Afrika) se “Selling” kursus bygewoon – Aangebied deur Adelle Huysen. Redelik goed vir ‘n eendag aanbieding. Alles is egter geskoei op residensiële eiendom, met niks oor kommersiëel nie. Maar ek leer, ek leer. Hou duim vas – ek moet nog begin verkooop.

Helkom is die haatnaam vir Telkom – ek sukkel my weer morsdood om sein te kry via my Belkin “N+” router na my rekenaar (R2700 by “Inedible” Connection) – miskien is dit die WLAN dongle (Realtek RTL SU  8191 wireless adapter) – ek weet nie.  Mens is veronderstel om tot 385m ver te kan opvang – ek sit skaars 10 m van die router af, en die verbindingskwaliteit is so pateties dat die stelsel skaars werk (dikwels werk hy nie). Op die oomblik gebruik ek ‘n MTN 3G-kaart – wat goed werk en baie betroubaar is. As dit nie was vir die 24 maande kontrak met Telkom nie, het ek hulle lankal gelos.

Ek sien op my Stats dat my blog die bes bewaarde geheim op die Web is – toe wonder ek of ek moet aangaan. Die antwoord is ja – want ek doen dit nie vir die publiek nie – dit is MY joernaal, en dit help my om kop en rigting te hou! 

Vandag met Casper Robbertze gepraat – ek soek nog ‘n vierbal vir die Vryburgers se aandgolf by Kimiad. Hy is egter op studieverlof, en hou dus vir eers verby.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: