Posted by: kobusve | Mei 2, 2010

Beesstert Potjie

Die begin van die beesstertpot

Wie stel belang in potjie-kos? Ek sien by die kerk se potjiekos etes dat ons mense ‘n vreeslike voorliefde vir vleis het – die vleis word netjies tussen die ander bestanddele uitgeskep! My potte is gewoonlik ‘n kwart tot ‘n derde vleis, en verder groente. Oor die algemeen maar moerby potte wat ek maak - ek moer by wat beskikbaar is. Saterdag se beesstert pot het so verloop: 2,5 kg beesstert, eers bruin gebraai in die pot, voor die tamaties bygegooi word, Mens kan die uie en sampioene ook vooraf braai, maar dit het nie Saterdag gebeur nie. ‘n Teelepel bruin suiker vir elke tamatie sodat dit nie so suur smaak nie. Wortels in dikkerige halwe wieletjies gesny (Half sodat hulle nie weg rol nie!) Uie in agtstes gekap. Seldery stokkies in skyfies gesny. Murgpampoentjies soos die wortels gesny. Gesnipperde soetrissie. Gesnipperde sampioen. jong geelmielies, in 2,5 cm wieletjies gesny. Aartappels in blokkies gesny. Wie weet watter aartappel werk die beste in bredie ? Ek het Mondial gebruik, want dis wat ek kon kry, maar die het bietjie fyn gekook. Sout, peper en Ina Paarman se Roosmaryn-en- Olyf  kruiegeurmiddel - na smaak. Bietjie sojasous en Worcester sous. Een koppie goeie rooiwyn (Mens kook nie met slegte wyn nie – dit wat jy drink, gebruik jy ook  in jou kos!). Prut vir drie ure. Verdik die laaste halfuur met mielieblom. Ek het altyd soppoeier gebruik, maar mens bring daarmee te veel ander smake in wat die natuurlike geure verberg. Bedien op rys of pap. Heerlik, heerlik, heerlik!

About these ads

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorië

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: