Posted by: kobusve | Mei 3, 2010

Nag Golf, Reën en Ertjiesop!

Dis nou ‘n deurmekaarspul van ‘n opskrif. Ek is al weer aan die stoei met Helkom en sy stadige konneksies na die Internet. As dit vinnig was sou ek twee aparte opskrifte geplaas het – maar die sterretjies kom al uit en ek wil gaan slaap.
Ek sien daar is nogal heelwat belangstelling in die nag golf, so laat ek ‘n bietjie meer vertel. Ons speel dit oor twaalf putjies, met twaalf vierballe. ‘n Gaslamp of iets soortgelyk word op die setperk by die putjie gesit. Tussen die setperk en die bof plant ons drie fluoreserende stokkies, wat in die donker die rigting van spel aandui. Op die bof is ‘n fakkel om bietjie lig te gee. Die balletjies wat gebruik word is deursigtig, met ‘n fluoreserende stokkie binne-in. Die balletjjie lyk soos ‘n vuurvliegie as hy op die skoonveld lê. Verder werk dit maar soos gewone golf. Dit neem een-en-‘n-half- tot twee ure om die twaalf putjiies te voltooi. Daarna eet ons heerlike braaivleis, pap en sous, brood en konfyt en slaai, en geniet ‘n vloeibare verversingkie terwyl die pryse uitgedeel word. As jy in Pretoria is, en belangstel om in so ‘n wedstryd te speel, kontak my gerus by kobus@compgro.co.za. Ons het tussen 36 en 48 spelers nodig om dit die moeite werd te maak. Koste wat alles behalwe koeldrank en soortgelyke verversings insluit, is R 250 per persoon.  Dit raak nou winter en koud, maar ons kan dalk nog een speel voor die ernstige koue hier is, en dan weer in Oktober of so.

Van koue gepraat – ons het darem nou ernstige Kaapse weer hier in Pretoria! Alles is klam en koud en muf. Darem te lekker onder die donskombers! Ek sien daar is heelwat belangstelling in ertjiesop. Soos reeds genoem maak Liefie die heerlikste, geurigste ertjiesop, lensiesop, boontjiesop, butternutsop of groentesop. Laat weet my asseblief as julle belangstel in resepte. Sop en brood, sop en patat – wie gee om, solank daar goeie sjerrie of Muskadel of Jerepigo of port by is. As ons genog belangstelling kry, kan ons ‘n sop-en-sjerrie aand reël. Dit werk altyd goed in die winter.
Groetnis, en laat hoor van jou.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: