Posted by: kobusve | Mei 9, 2010

Ons Moedersdag

Vandag was sogenaamde Moedersdag, die dag wanneer ons ‘n bietjie ekstra aandag aan die moeders in ons lewens skenk. My moeder is 90, en krom getrek van osteoporose, maar sy weier om met ‘n kierie te loop. Ons het vir Broer en sy skoonouers saam met my ouers genooi, en Liefie het twee bredies berei. Een met skaapvleis en een met bees – onthou julle my beesstert potjie? Neem kennis dat beesstert BAIE lank moet prut om sag te word – omtrent so vier ure. Vandag was ons genoodsaak om die stert-litte uit die bredie te haal aangesien dit nog nie sag was toe ons wou eet nie. Gelukkig was daar genoeg ander vleis in die bredie. Nagereg? gebakte pere en pekaneut tert, heuningkoek poeding, vanielje roomys en tuisgemaakte vla. Die wyn, vir die wat wyn drink, was Bloemendal Cabernet van 2002 – baie lekker maar dalk al oor sy piek. Sussie het die tafel baie mooi gedek met gekleurde lappe, kerse en appels as versiering. Ongelukkig my kamera by ‘n vriendien se huis vergeet waar ons Vrydagaand ge-eet het, anders kon ek julle wys. Ek het ook ‘n bos rose gekoop vir die prys van twee roosbome.  Verder vir elke moeder om die tafel ‘n potjie vloeibare handeseep as persentjie. Die res van die dag het ons opgeruim en opgewas – vanaand is als weer silwerskoon en weggebêre!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: