Posted by: kobusve | Mei 17, 2010

Vrae sonder antwoorde

Hoe werk die dinge?

 Hoekom het party mense so baie emosionele intelligensie en ander so min?

Hoekom kan ons nie altyd 100% eerlik met mekaar wees nie? Waarvoor is ons bang as ons die waarheid praat? Die waarheid is tog veronderstel om mens vry te stel.

Hoekom kan minderjariges ouer mense, wat veronderstel is om meer wysheid in pag te hê, so manipuleer? Hoekom praat en skinder ons so graag agter mense se rue van hulle? Watter genot is daarin om ander af te kraak? Is dit ‘n manifestasie van ‘n minderwaardigheidsgevoel? ‘n Manier om beter te voel oor jouself? ‘n Manier om te sê “ons is nie almal so nie”?

Hoekom is ons so bang oor wat ander mense van ons sal dink? Karen Zoid sê mos: “dit maak nie regtig saak nie…” Is die aandbiedsters van “naked news” bang oor wat ander van hulle dink? Of is die feit dat hulle wêreldwyd op TV uitgesaai word vir hulle soveel werd dat hulle poedelkaal voor die kameras sal staan? Is hulle almal Narcissiste? het hulle ‘n totaal ander waardestelsel? Nothing is tog immers right or wrong except that our thinking makes it so…”

Hoekom is daar diewe wat inbreek en steel? Wat ander mense se privaatheid en eiendomsreg nie ag nie?

Hoekom is ‘n lewe so min werd in hierdie land van ons? hoe werk ‘n moordenaar se kop?

En ‘n verkragter s’n? En hoekom word alle skuldigbevinde verkragters nie kastreer nie?

Hoekom het die verbreker van ooreenkomste, kontrakte en wette meer regte as die nakomer van kontrakte, ooreenkomste en wette?

Hoekom het die staat toegelaat dat die regstelsel so stukkend raak dat hy glad nie meer werk nie? Hoekom het ons die staat toegelaat om dit toe te laat?

Hoe kry ons dit reg om ‘n oënskynlike normale bestaan te voer in so ‘n abnormale society?

Sê my, hoekom?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: