Dienswerk

Onder die vaandel van Die Vryburgers doen ons dienswerk in ons gemeenskap. Die Vryburgers is in 1964 gestig, toe die Afrikaners dit moeilik gevind het om aanvaar te word by die Lions en die Rotariërs. (Die situasie het natuurlik lankal verander) Ons is a-polities, Christelik en Afrikaans. Tans samel ons fondse in vir ‘n voedingsprogram by skole in minder bevoorregte gebiede.

Die Vryburgers voorsien daagliks kos aan honderde skoolkinders landswyd. Vir baie is dit die enigste kos wat hulle ontvang. ‘n Honger kind kan nie leer nie en ‘n ongeskoolde kind se toekoms is duister. Ongelukkig is daar steeds duisende kinders by wie ons nie uitkom nie as gevolg van ‘n gebrek aan fondse en mannekrag. Baie van hierdie kinders is ons land se toekomstige leiers. Die Vryburgers beskou dit as ‘n nasionale krisis en werk daaraan om hierdie tydbom te ontlont. Ons help hoofsaaklik in skole waar die staat nie help nie. Vryburgers is almal vrywilligers en ontvang geen vergoeding vir hul dienste nie. Al die geld wat ingesamel word, word direk aangewend in die doelmark.

Responses

  1. Ons jaarlikse wynveiling, met Barnie Beyers en Junel Vermeulen aan die stuur, het meer as R50 000 ingebring. Dit is ‘n rekord, en omtrent 40% meer as in vorige jare. Dink net hoevvel magies kan ons nou vul… Baie dankie aan almal wat meegemaak het en so ruim gebie het op die wyne wat aangebied is.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: