Spys en Drank

Op hierdie bladsy word my selfgeleerde resepte wat werk gepubliseer. Van tyd tot tyd mag ek dalk respte van ander mense publiseer – veral as die gereg gewild is, soos Estelle se wit koek en Annie se gebakte sjokolade poeding, ma se lemon-meringue tert en Ianette se Mediterreense groente.

Kom ons begin by die mees onlangse goed wat ek gemaak het -:

SAFARI BILTONG

Gebruik:

  1. goeie beesboud, nie te veel vet nie, in repe gesny
  2. Crown National se Safari biltongmengsel (myne by Afgri farm City gekry – jy kan direk by Crown in Pretoria-Wes ook koop)
  3. Ekstra growwe sout, want die Safari mengsel het nie genoeg sout nie.
  4. Goeie bruin druiwe -asyn
  5. Bindraad (of enige ander biltonghakie van jou keuse)

Metode:

Ek gebruik groot plastiekkomme om die biltomg in in te sout. Gooi die Crown Safari-mengsel in ‘n houer en gooi so twee opskeplepels ekstra growwe sout by twee koppies van die mengsel – meng dan goed. Sprinkel van die mengsel onder in jou kom, en bespat met ‘n paar druppels van die asyn. Lê die repe biltomg bo-op neer, en bestrooi dan met die sout-safari mensel. Bespat met die druiwe-asyn. Herhaal  totdat jou kom vol is of tot jou vleis op is. Bedek die kom, en bêre oornag op ‘n veilige plek, waar die ongediertes dit nie kan bykom nie. Môre-oggend draai jy die vleis om, sodat die nattes bo lê en die droëes onder. Los vir nog so twee tot drie ure. Nou vat jy ‘n skoon emmer en maak dit twee-derdes vol met lou water. Gooi ‘n koppie van dieselfde goeie druiwe asyn in die water. Nadat jy jou hakie deur die nat biltong gehaak het, doop jy die biltong in die lou water-asyn mengsel om die ekstra bloederigheid en speserye af te spoel. Jy hang dan die druppende nat biltong (weereens op ‘n veilige plek) in die buitelug om winddroog te word. Op die transvaalse Hoëveld is so drie ure genoeg. daarna skuif jy jou biltong na ‘n goed geventileerde skaduplek, en laat hang om droog te word. Hier in Pretoria was my eerste stukkie na vier dae reg om te eet. Geniet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: